Busy Bugs Bricks Club - Onderteuners Groep

Moenie uitmis op hierdie nuwe “trend” van sosiale en ontwikkelings vaardighede nie. Die blokkies klub is spesiaal ontwerp vir kinders met aandag afleibaarheids probleme, sowel as vir die kinders wat ‘n bietjie ongeduldig, kwaad en baie besig is. 

Ons noem dit nie verniet die Busy bugs bricks club nie. Boek jou kind se se spasie vir 1 of 2 keer per week vir ‘n uur sessie op ‘n slag. Ons doen ‘n bietjie kinesiologie en integreer dit met die blokkies spel. Blokkies spel ontwikkel die kind se hoër brein funksionering.


1. Selfbeheersing

  • Vooruit beplanning,
  • die vermoë om nuwe idees te ontwikkel
  • Om ongewenste gedrag te inhibeer
  • Om inligting in die werkende geheue te stoor

2. Emosionele vaardighede ontwikkeling 

  • Blokkies bied sekuriteit aangesien dit voorspelbaar en betroubaar is 
  • Selfvertroue ontwikkel aangesien die kind beheer het oor sy eie leervaardighede

3. Sosiale vaardighede ontwikkeling

  • Groepwerk word bevorder – maats word gemaak en idees word gedeel
  • Beurte word gemaak, samewerking vind plaas, onderhandelinge word gevoer, kennis word ontwikkel en deursettings vermoë ontwikkel in die proses
  • Die kind leer om ander se perspektief in te sien en om empatie vir mekaar te ontwikkel

4. Fisiese / motoriese vaardigheidsontwikkeling 

  • Versterk groot spiere, ontwikkel heel-liggaam koördinasie en middle lyn oorkruising
  • Fyn motor ontwikkeling en hand oog koördinasie deur hande en vingers te gebruik
  • Bilaterale integrasie vind plaas wanneer die kind twee blokkies in mekaar indruk
  • Groot motoriese ontwikkeling en ruimtelike bewustheid

Jou kind meld weekliks aan by hierdie sosiale groepie en versterk jou kind se sosiale en ontwikkelings vlakke