Innerlike Genesing

Weens die feit dat ons as mens gees siel en liggaam saamgestel is, het ons ‘n verantwoordelikheid op alle aspekte van ons bestaan.

Die gees vorm deel van hierdie verantwoordelikheid. Dit is so interessant om te sien hoeveel mense van iets soos vergifnis af weg skram. En tog is daar soveel oorwinning in ‘n vergifnis proses. Tydens die beradings sessie word jy geleer hoekom dit belangrik is om diegene en die situasies wat jou so seermaak en tena kom te vergewe. Daar word aan die individu verduidelik dat vergifnis nie die oortreder se gedrag regverdig nie, maar dat vergifnis proses die slagoffer geestelik en emosioneel bemagtig om los te maak van die insident en sterker daar uit te beweeg.

Verdere aspekte rondom die innerlike en geestelike genesings proses behels onder andere: 

• Oop deure
• Sny van brokstukke
• Sny van bloedlyne & generasie vloeke
• Prenatale intervensie
• Genesing in die denke / siels dimensie met die 7 genadegawes in ag geneem.

Omdat hierdie ook ‘n Christelike beradings praktyk is, rus ons die klient toe om deur ‘n self ontdekkings reistog te gaan en jouself beter te leer ken soos om te weet wat jou temperament sowel as jou genade gawes is en te verstaan hoekom jy op sekere manière optree. Wanneer jy jouself beter verstaan, is dit ook makliker om jouself te aanvaar en die mense rondom jou te aanvaar vir wie hulle is. 

Sessies gaan gepaard met gebede en addisionele ondersteuning soos wat die behoefte homself voordoen. Hierdie praktyk erken Jesus Christus as ons algehele Verlosser en Saligmaker en erken die werking van die Drie Enige God, Vader, Seun en Gees en poog ons dus ook om op ‘n holistiese manier met ons kliente te werk uit die aard van hoe ons geskape is en waar die probleem kan lê.

Wanneer dit nodig is verwys ons ook graag spesifeke gevalle wat meer gespesialiseerde behoeftes kan aanspreek. Meer inligting rondom die innerlike genesings proses kan meer in diepte tydens die berading sessies hanteer en bespreek word.