Bindings Terapie

Die spreekwoord sê: Bloed is dikker as water, menend dat daar altyd ‘n sterk band tussen die ouer en die kind is. Ongelukkig veroorsaak trauma in enige van die partye se lewens dat daardie band verswak.

Net so is dit harde werk vir stiefouers of aanneem ouers om ‘n band met die nuwe kind/ers in hulle lewe te vorm. Selfs al is jy die bloed-ouer van jou eie kinders, kan trauma die band tussen die ouer en die kind verswak en selfs breek.

Bindings terapie is ‘n proses waar die ouer en kind verhouding of band versterk word. Daar word gekyk na die volwassene se ouer-kind verhouding gekyk toe die ouer self ‘n kind was en wat die impak op hierdie huidige ouer se verhouding met sy/haar kind mag he. Hierdie intervensie kan op verskeie manière aangebied word op grond van die individuele behoefte en die grootte van die groep.

In groeps verband word die ouer as die primere ko-terapeut beskou en word die bindings terapie in ‘n 6 weke seminaar tipe program aangebied waar daar vir 3 – 4 weke teoretiese agtergrond rondom die ouer-kind verhouding gefokus word. Die laaste 2 weke bied vir die gesin praktiese “hands-on” tegnieke wat tuis toegepas kan word om hierdie band te versterk.

Onderwerpe wat in hierdie 6 weke program hanteer word:

• ‘n Inleiding tot bindings teorie
• Hoe lyk en wat is bindings en georganiseerde bindings patrone
• Identifisering van ongeorganiseerde bindings patrone
• Kwessies soos ontwikkelings trauma, skaamte, dissipline en gedrag sowel as ander tipe uitdagings
• Hoe om ouerskap en georganiseerde bindings patrone toe te pas
• Hoe om Emosionele regulering, mentalisering en gefokusde ingesteldheid te be-oefen
• Praktiese hulpmiddels vir:

  • - Terapeutiese ouerskap
  • Ouer – kind interaksie
  • Toe-eiening & koestering
  • Familie tradisies
  • ‘n praktiese oorsig en samevatting van die bindings teorie
  • Verhoudingsbou spel
  • Interaktiewe spel 

Wanneer die behoefte homself daartoe stel, word 1-2-1 individuele bindings terapie sessies tussen die ouer en die kind toegepas. In hierdie 14 – 16 weke program is daar weeklikse werksopdragte wat tussen die ouer en die kind gedoen moet word. Wanneer hierdie intervensie met hart en daad toegepas word, bou dit nie net ‘n sterk familie relasie nie, maar ook sterk en gesonde individue, beide vir die kind sowel as vir die volwassene.

Fokus punte vir die 14 – 16 weke 1-2-1 ouer-kind program behels dievolgende:

• Basiese ouer-kind verhouding (band) agtergrond en die neurobiology omtrent dit
• Volwasse bindings patrone en onopgeloste binding by volwassenes
• Ouerskap herstel vir kinders met bindings probleme deur

  • Die ouer as ‘n ko-terapeut aan te stel en
  • Na die kind se emosionele behoeftes te kyk

• Stap 1 – Woede ontlading
• Stap 2 – vertroue
• Stap 3 – Selfbeeld
• Stap 4 – Intimiteit
• Stap 5 – Uitdagings
• Stap 6 – Kreatiwiteit
• Stap 7 – Kommunikasie 

Asseserings word eers gedoen en die gesin word gekeur alvorens bindings terapie / hierdie ouer-kind intervensie programme aangebied word.