SAQA Kort Kursusse

TIT / SAQA Kort Werkswinkels .

Revelation Kidz dien as ‘n fakulteit / privaat opleiding sentrum vir volwassenes in die berading en bedienings veld.

Revelation Kidz bied relevante beradingsopleiding aan vir gemeenskapsopheffing, selfontwikkeling en addisionele kennis vir beraders in die veld.

Ons visie is om mense toe te rus om gemeenskappe te bevorder en op emosionele en geestelike vlak op te rig en te versterk.

Van die opleiding wat gebied word, word ook prakties in die praktyk toegepas met ons beradings kliente.

Die hoof instansie wat Revelation Kidz verteenwoordig is Tshwane Institute of Technology College wat SAQA ge-akkrediteerde bywonings sertifikate bied vir werkswinkels wat aangebied word.

• Kandidate sal bywoningsertifikate van TIT (Tshwane Instituut vir Tegnologie) ontvang wat by die Departement van Onderwys geregistreer is, geakkrediteer deur die Umalusi Raad en goedgekeur is deur die relevante SETAs.

• Sertifikate sal aangevra word na afloop van elke kursus en die student sal in kennis gestel word om die sertifikaat te kom haal sodra dit beskikbaar is. Meeste van die kursusse wat deur Revelation Kidz aangebied word in samewerking met TIT bywoningsertifikate dien as ‘n inleiding tot verdere kursusse wat deur TIT behaal kan word. Sodra die student die kort kursusse in berading voltooi het en van wense is om verder te studeer kan hulle aansoek doen vir erkenning van vorige studies (RPL - recognition for prior learning) om hulle studies deur TIT te bevorder.

• As u belangstel om ons kortkursusse by te woon kan u ons kontak om u naam op ons databasis te voeg vir ons maandelikse en jaarlikse nuusbriewe en kursus datums. Hier volg ‘n lys van kort kursusse en werkswinkels wat ons deur TIT as affiliasie aanbied.

Kort kursusse en werkswinkels om na uit te kyk deur die loop van die jaar:

• Blokkies opleiding vir Sosio emosionele ontwikkeling (8 vlakke)
• Asseserings tegnieke

  • Basiese kinder asseserings tegnieke (Vlak 1) (8 dae)
  • Gevorderde Kinder assesering / ACA (Vlak 2) (5 dae)
  • Tiener asseserings (2 dae)
  • Spel deur middel van sand (4 dae)
• Intervensie tegnieke en programme vir jeugwerkers / beraders wat met kinders werk

  • Basiese kinder intervensie (vlak 1) (5 dae)
  • Gevorderde kinder intervensie / ACI (Vlak 2) (5 dae)
  • Tiener intervensie (2 dae)
• Ouer begeleidings programme

  • Ouer – Kind begeleidings program AKA Bindings terapie (6 dae)
• Volwasse beradings tegnieke
  • Die gebruik van kleur tegnieke tydens beradings sessies (Vlak 1) (4 dae)
  • Die gebruik van kleur tegnieke tydens beradings sessies (Vlak 2) (4 dae)
  • Human Modelling (4 dae)
  • Praktiese begeleiding tot woede hantering (4 dae)
  • Huweliks berading / Verhoudingsbou (9 dae)
• 1 Dag Welstand werks winkels
  • Brain Chemistry (Bravermen) (1 dag)
  • Temeramente (1 dag)
  • Emosies en die liggaam se sisteme (1 dag)
  • Heilige Gees- en Genade gawes (1 dag)
  • Enneagram (1 dag)
  • Brein proefiele (1 dag)
  • Liefdes tale (1 dag)

Besoek gerus ons kalender hier op die webblad om die adresse en meer informasie oor die kursusse te kry.