Kinder seksuele misbruik voorkoms program

Kinder seksuele misbruik voorkomings program KSM (CSA)

Revelation Kidz bied ‘n “Kinder seksuele misbruik” (KSM) bewustheid & voorkomings program in die Moot area aan.

Revelation Kidz vorm deel van die FACT CSA opleiding vir onderwysers en ouers by skole, kerke en gemeenskaps groepe, om mense bewus te maak in hierdie saak sodat voorkoming van sekuele misbruik nie sal plaasvind nie.

Die CSA Voorkomings en bewustheidsprogram was ontwikkel deur Louise Aucamp, ‘n maatskaplike werkster in privaat praktyk [BA(MW) MSD(Spel Terapie)]. Deur met kinders op ‘n daaglikse basis te werk wat seksueel misbruik was deur forensiese assessors in bewerings van seksuele misbruik, is die nood en begeerte gebore om ‘n rol speller te word in die effektiewe voorkoming van seksuele misbruik. Hierdie program was ontwikkel tussen 2006 – 2008. Die eerste formele aanbieding van hierdie program was gedurende 2008 toe die program aangebied was vir ‘n groep kleuterskool onderwysers.

Die onderliggende motivering van die program: CSA Voorkoming en Bewustheids Program

Beduidende volwassenes in kinders se lewens, speel 'n belangrike rol in die vroeë identifikasie van gedragsveranderinge en moontlike tekens of simptome wat verband kan hou met trauma in kinders se lewens.

Voortspruitend uit FACT se passie om die waarheid aan die lig te bring, is die volgende waarheidsmotivering die grondslag vir ons bewustheids- en voorkomingsprogram:

• Die waarheid oor seksuele misbruik en die onderliggende komplekse dinamiek van die verskynsel;
• Die waarheid oor die effek van die misbruik, nie net op die kind en sy/haar familie nie maar ook op die breër stelsel waarin die kind funksioneer;
• Die waarheid oor wetgewing en ons verantwoordelikheid om seksuele misbruik te rapporteur wat beide eties en wetlik is;
• Die waarheid oor die forensiese ondersoekproses en die standaarde van die praktyk;
• Die waarheid oor voorkoming en om as volwassene die verantwoordelikheid te neem om kinders te beskerm teen die ouderdoms onvanpaste taak om hulself te beskerm teen misbruik.

Ons motivering vir die teikenmark van beduidende volwassenes:

Hierdie opleiding is die eerste stap in die opvoeding van beduidende volwassenes in die kind se lewe, om te verstaan, te voorkom, te erken en te reageer op kindermishandeling.

Kinders word dikwels geleer hoe om hulself veilig te hou teen seksuele misbruik. Verskeie programme word in kleuterskool en primêre skole aangebied wat ons kinders leer om hulself te beskerm teen seksuele misbruik.

Alhoewel hierdie programme 'n mate van waarde het, is die probleem met hierdie programme in twee gevou: (Geneem uit FACT: Louise Aucamp 2015)

Voorkoming van Sekuele misbruik is nie ‘n kind se verantwoordelikheid nie.

Voorkomingsprogramme gemik op kinders lei na die onthulling van misbruik en is nie so effektief soos die voorkoming van die misbruik nie.

As volwassenes maak ons seker dat ons kinders veiligheidgordels dra. 

Ons loop saam met hulle oor besige strate. Ons sit 'n heining rondom ons swembaddens en stoor giftige chemikalieë en huishoudelike skoonmaakmiddels buite die bereik van kinders.

Waarom sal ons dan die werk alleenlik aan ons kinders oorlaat om hulleself te beskerm teen seksuele misbruik?

Om die verantwoordelikheid van seksuele mishandeling bloot op ons kinders se skouers te plaas, kan as onverantwoordelik beskryf word en ‘n gebrek aan begrip van die dinamiek van seksuele mishandeling. 

As ons, as ouers en volwassenes, die dinamika van seksuele mishandeling verstaan, sal ons verstaan dat geen kind in staat is om nee te sê aan sy of haar oortreder nie.

Voorkomingsprogramme wat op kinders gerig is, het sy plek in 'n holistiese benadering tot die voorkoming van seksuele misbruik.

Dit is egter belangrik om die waarde van hierdie programme nie as 'n voldoende voorkomende maatreël mis te loop nie. Hierdie voorkomingsprogramme wat gerig is op kinders, fokus dikwels daarop om die kinders te leer dat hul liggame privaat is en dat niemand toegelaat word om aan hul privaatdele te raak nie.

Alhoewel dit belangrik is om dit vir hulle te leer, kan dit nie die volwasse se verantwoordelikheid vervang om die kinders te beskerm nie. 

Waar voorkomende programme vir die kinders aangebied word, is dit van die kardinale belang dat hierdie programme voortvloei uit 'n goeie kennis van seksuele misbruik en die dinamiek van mishandeling en versorging, en sodoende die kind te weerhou van skuldgevoelens deur hulle te leer om nee te sê en weg te hardloop.

Hierdie program het gelei tot 'n beduidende toename in onderwysers se kennis rakende seksuele misbruik met verwysing na die volgende spesifieke punte:

  • Kennis oor seksuele versorging
  • Kennis en begrip van die kind se ervaring van misbruik
  • Verhoogde begrip op die belangrikheid van hul reaksie op die onthulling van misbruik
  • Toename in hulle kennis rakende die wetlike aspekte van misbruik en verpligte aanmelding
  • Verhoogde kennis oor normale seksuele ontwikkeling van kinders en die simptome van misbruik
  • Vaardighede oor hoe om die onthulling van misbruik te hanteer
  • Die program het bygedra tot die persoonlike groei en verryking van onderwysers wat dit bygewoon het  

Konklusie:

Onderwysers se persepsies en ervaring van die program was positief en hulle het ooreengestem dat die program relevant is vir skole;

Hierdie program is effektief deur klem te le op die riglyne van die literatuur wat gevolg moet word en die onderwysers toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om verantwoordelik teenoor die kind op te tree en die voorkoming van seksuele misbruik. 

Die kennis en vaardighede wat deelnemers opgedoen het, het beide professionele en persoonlike groei en verryking tot gevolg gehad.

Onderwysers het gemeld dat hulle meer self-vertroue gekry het om onthullings rakende die seksuele misbruik te raporteer sowel as toename in begrip vir die misbruikte kind. 

Onderwysers dui dat hierdie program se inligting bygevoeg moet word in die voorgraadse opleiding vir onderwysers en all skole hierdie opleiding moet ondergaan. (Barnard, S. 2014)