Ouer-Kind Interaksie

Die ouer-kind interaksie en verhouding speel ‘n baie belangrike rol in die familie dinamiek tydens die kind se ontwikkeling en het wel ‘n impak op die kind se onbewustelike gedrag.

Die ouer-kind verhouding het eintlik ‘n direkte impak op die kind se ontwikkeling en speel ‘n kardinale rol in enige intervensie program waar die kind emosionele en terapeutiese leiding benodig. Die ouer-kind verhouding bepaal basies die proses en die uitkoms van die intervensie proses.

Volgens Kelly & Barnard (2000) word ouer-kind interaksie toenemend erken as ‘n belangrike fokus punt vir enige vroeë intervensie programme se sukses aangesien dit ‘n rol speel in die optimale ontwikkeling van die kind.

Volgens navorsing deur Lamb (2010), word daar ook bevestig dat ontwrigte ouerskap emosionele onsekerheid vir die kind bied rakende die ouer se liefde en vaardigheid om vir die kind op ‘n emosionele vlak te sorg wat op die einde van die dag probleme veroorsaak tydens die emosionele regulering van die kind wanneer die kind trauma ervaar.

Vir hierdie is die ouer-kind verhouding die basis waarop enige intervensie program werk en speel dit ‘n rol in die kind se problematise kinder gedrag. Dit het ‘n impak op die ouer kind verhouding en bindings proses sowel as die kind se algehele gedrag.

Die ouer-kind interaksie en verhouding is belangrik vir verskeie redes:

• Dit is ‘n kritiese element vir gesonde ontwikkeling by die kind
• Wanneer die ouer ‘n veilige eksplorerings omgewing vir die kind bied, help dit met gesonde groei vir die kind
• Dit help met die suksesvolle voltooing van die kind se emosionele ontwikkeling
• Dit help om ‘n positiewe omgewing en elemente vir die sosialiserings proses te skep wat op sy beurt ‘n rol speel met die ontwikkeling van die kind se persoonlikheid tydens interaksie.
• Dit vorm die kind se gedrag in terme van interaksie tussen die ouer en die kind

Interaksionele analise kan beskryf word as ‘n proses waarin die interaksie tussen die ouer en die kind volgens ‘n teoretiese basis ge-observeer word. Aspekte wat dan in ag geneem word tydens hierdie interaksie is:

• Die ouer-kind band
• Die kind se ontwikkelings fase (Kognitiewe en emosionele ontwikkeling)
• Die kind se emosionele behoeftes
• Die ouer se ouerskap vaardigheid
• Die kind se persoonlikheids funksionering volgens sy ego state en temperamente

Hierdie praktyk maak gebruik van ‘n interaksionele asseserings proses tussen die ouer en die kind om gesins dinamika te herstel, die ouer-kind verhouding te versterk en ook sodoende die intervensie proses positief te te pas. Ons maak dus van hierdie asseserings proses gebruik om die gemeenskap op te reg en te versterk. Hierdie selfde proses word deur ander kundiges in die veld gebruik vir onderwerpe soos onder andere toesig en sorg tussen ouers. Vir hierdie praktyk is dit egter belangrik om die familie / gesins dinamika te versterk in hierdie proses.