Meer Omtrent Ons

Revelation Kidz is ‘n Christelike gespesialiseerde kinder sentrum wat vanuit ‘n holistiese raamwerk die volgende fasiliteite bied:

Hulp- / Tutor-sentrum vir tuisskoliere - vanaf graad R tot graad 7

Ekstra klasse - vir skoliere vanaf graad R – 12

Beradings fasiliteite - assesering en intervensie vir die getraumatiseerde kind. Beradings fasiliteite - tegnieke om u kind sowel as u as ouer se persoonlikheid, brein voorkeure, liefdestaal en nog vele meer te bepaal om sodoende 'n verbeterde gesins verhouding te skep.

Breingym – Opvoedkundige kinesiologie, leer deur beweging en linkerbrein- regterbrein integrasie wat u kind help om beter te konsentreer, sowel as om probleme soos ADD en ADHD aan te spreek Ons personneel maak u kind se positiewe opvoeding, ontwikkeling, en emosies ons prioriteit:


Prof. Marlize Snyman

Prof Dr Marlize Snyman, die eienaar en prinsipaal is vaardig op verskeie gebiede:
• Opvoedkundige kinesiologie (deur Edu K of SA)
• Doktors grade in: Geestesgesondheid; Alternatiewe gesondheidsorg en Bediening
• Fakulteits hoof vir kinder ontwikkeling by TIT (Tshwane Institute of Technology)
• Professor, Lektor en moderator by Therapon Universiteit
• Gerigestreerde Bybelskool vir Team Impact Christian University
• Ge-ordineerde Pastoor
• Omroeper / Prediker by die gemeenskaps radiostasie Lekker FM
• Publieke spreker vir profesionele onderwerpe
• Opleiding in verskeie kinder asseserings en intervensie programme (wat nie net tot genoemde kursusse beperk is nie)

o Sosio emosionele asseserings (FACT)
o Holistiese sosio emosionele asseserings (RETSA)
o Interaksionele analises (FACT)
o Bindings Terapie (RETSA & FACT)
o Ouer begeleiding (RETSA)
o Egskeiding berading (ouer en kind) (RETSA)
o Trauma berading (volwassenes en kinders) (RETSA)
o Rousmart berading (volwassenes en kinders) (RETSA)
o Seksuele misbruik berading (volwassenes en kinders) (RETSA)
o Forensiese assesering (FACT)
o Seksuele misbruik voorkomings programme aan gesinne en die gemeenskap (FACT)
o ECD opleidings program & fasiliteerder vir verskeie blokkiesbou programme (Care for Ed)

Revelation Kidz is by die volgende instansies geregistreer:
• Impak onderwys: Tel no: 012 664 8552
• Raad van Beraders:
• Pretoria Dagmoeder Vereeniging: 012 543 1862 / 082 922 4313 (Mev Lidia Venter)
• Opvoedkundige Kleuter Vereeniging: 072 253 0326 (Elize)
• Team Impact Ministries

ONS VISIE

Revelation Kidz is uit ‘n visie gebore om daardie innerlike kwaliteite van ‘n kind wat diep verborge is te ontwikkel en om die kind te help om tot sy volle potensiaal te werk. Uit kennis en ervaring kom dit aan die lig dat ‘n kind wat emosionele en fisiese trauma beleef het, meer tyd spandeer om die trauma te probeer verwerk en dus nie die brein kapasiteit gebruik om nuwe leervaardighede en ontwikkelings programme aan te leer nie, wat konsentrasie vir nuwe ervaringe bemoeilik. Wanneer daardie trauma tydens intervensie geprosesseer word, kan die kind makliker nuwe inligting opneem.

By Revelation kidz is dit ons poging om daardie leer blokkasies te identifiseer, te hanteer en die kind te probeer help om dit te verwerk sodat die kind emosionele intelligensie kan bereik om sy / haar ontwikkelings inteligensie te versterk.

Dus fokus ons om ‘n emosionele gesonde kind en ‘n intelektuele gebalanseerde kind met geestelike waardes en norms te vorm. Om ‘n fondasie en ‘n basis vir die kind te bied waar hy / sy kan groei met ‘n Goddelike potensiaal soos wat die kind se oorspronklike skeppingsdoel beplan was.

ONS MISSIE

Ons kan die visie bereik deur eerstens vir die kind ‘n area van veiligheid te skep waar die kind in ‘n veilige omgewing gemaklik voel om nuwe dinge te leer. 

Ons het die vaardigheid om probleem areas te identifiseer en dienooreenkomstig intervensie toe te pas of om die ouer na die regte professionele rigting te verwys vir verdere hulp sou dit nodig wees.

Ons bied verder vir die kinders by Revelation Kidz ‘n vaste geestelike fondasie waarop hulle, hulle hoop en geloof kan bou. Dit sluit Christelike waardes en norms en goeie dissipline en grens stellings in wat ouers tuis ook kan toepas om vir die kind ‘n geballenseerde leefwereld te bied.

Met kleiner groepies, individuele aandag, les aanbiedinge volgens die kind se temperament-; persoonlike- & daaglikse emosionele behoeftes en brein voorkeure kan ons die leervaardighede; pakkette en program selektief aanpas om by die einddoel van jou kind se leerprogram uit te kom.

Ons le ons daarin toe om individuele aandag aan elke kind te bied met veilige toesig sowel as om die kind se emosies op ‘n gereelde basis te evalueer. Opvoeding by Revelation Kidz gaan gepaard met liefde, geduld en die leiding van die Heilige Gees. Dit is vir ons belangrik dat die kinders die Here se hand in hulle lewe kan sien en ervaar. Die kinders is gewoonlik deel van die sentrum vir spesifieke seisoene totdat hulle weer gereed is om in die "hoofstroom" aan te pas of totdat die doel vir hulle behoeftes behaal is.

Terselfdertyd word u kind gestimuleer met uitstekende nagevorste produkte en studiemateriaal wat tans beskikbaar is.

Sommige van die produkte waarvan ons by die sentrum gebruik maak:
• Practica Kinderjare ontwikkeling stiumulasie vir die grondslagfase waar daar behoefte is
• Compu – IQ Vir ekstra klasse in Wiskunde; Afrikaans en Engels
• Brain Gym Leer vaardighede vanuit ‘n heelbrein perspektief
• Day by day Studie materiaal (Graad RR – Graad R)
• Impak onderwys Studie materiaal (Graad R – Graad 7)
• LEGO ® Blokkies spel Vir intellektuele ontwikkeling en emosionele vaardighede

Om elke kind volgens sy eie persoonlikheid aan te spreek en volgens sy breinproefiel onderrig te word met individuele aandag, kan ons slegs ‘n beperkte hoeveelheid kinders inneem.