Ekstra Klasse

Revelation Kidz

Ekstra klasse

Revelation Kidz bied ekstra klasse vir Graad 0 – 7 in die volgende vakke aan:
• Afrikaans Graad 1 – Graad 9
• Engels Graad 1 – Graad 9
• Wiskunde Graad 1 – Graad 7
• Lees ontwikkeling: Afrikaans & Engels Graad 1 – Graad 12
• Sea World Adventure/See Wêreld Avontuur: Persepsie 3 jaar – 9 jaar.

Ons maak gebruik van die Compu-IQ rekenaar programme. Eestens doen u kind ‘n asseserings toets wat wys waar u kind sukkel en waar u kind reeds goeie kennis opgedoen het. Dan stel die program oefeninge op volgens u kind se behoeftes. Wanneer U kind oor ‘n sekere vraag toets of eksamen skryf, kan u kind vir my die vrae gee en werk ons oefeninge daarvolgens uit.

Hoe meer oefening die leerling kry, hoe vinniger verstaan en hoe langer onthou die kind die inligting.
Daarom word ekstra klasse as volg aangebied.
3 jaar – Graad 3 leerlinge: 4 X per week vir 30 minute
Graad 4 – Graad 7 leerlinge: 4 X per week vir 45 minute

U sal 10% – 30% verbetering sien in u kind se skoolwerk per kwartaal.

Skakel gerus rond vir pryse by kompeterende maatskappye. U sal verbaas terug kom na uitstekende pryse vir kwaliteit werk!!!!!!

Alhoewel ekstra klasse afsonderlik geneem kan word, stel ons voor dat u kind by die naskool sentrum aansluit. Die eenvoudige rede daarvoor is omdat ons die ekstra klasse met huiswerk en toetse integreer. Die impak is dan sterker en die vordering meer suksesvol.