Voor- en Huwelikse Berading

Daar is ‘n waarheid aan die spreekwoord wat lui: Die liefde is blind en trou is die bril.

Tydens voorhuwelikse berading klop die paartjie se hartjies tog te vinnig, en meld hulle wel die gevaar tekens wat hulle raaksien by die toekomstige maat, maar op daardie stadium kan die hemele blou mussies dra en op die paartjie val, hulle sal gelukkig wees. Ons as mense is so geneig om ter wille van daardie nuwe band wat gevorm word alle foute en probleme oorsien, en vroeêr of later kom die realiteit skok, dat een van die individue net eenvoudig nie meer kan uithou met sekere van hul lewensmaat se gedrag of bagasie nie.

Somtyds veroorsaak trauma verwante aspekte dat ‘n getroude paartjie nie saam aan hierdie juk kan dra nie en betaal hulle die prys van ‘n gebroke huwelik. Tydens voorhuwelikse berading, maak ons seker dat die individue die toekomstige nuwe lewensmaat op ‘n meer persoonlike vlak leer ken en daarna maak jy ‘n ingeligte besluit of jy werklik vir die res van jou lewe met hierdie verskille kan saamleef. Dieselfde tipe tegnieke word toegepas tydens huweliks berading om te kyk wat die paartjie gemis het en nie besef het van hul huweliks maat nie, en hoe ‘n mens tewerk kan gaan om die verskille as individue tot ‘n sterker huwelik te maak.

Soos wat die behoefte dit bepaal kan daar aandag geskenk word aan onderwerpe (maar nie beperk tot) soos:

• Liefdes tale
• Genade gawes
• Temperamente
• Brein proefiele
• Kommunikasie vaardighede en konflik hantering
• Samestelling van die gesin
• Woede hantering
• Grens stelling

Derde partye speel ook ‘n groot rol in die huwelik en gesins relasie wat weer op daardie spesifieke meriete hanteer word. Dit is nie net die “ander man” of die “ander vrou” wat as ‘n derde party gesien word nie, maar ook skoonouers / eie- of skoonfamilie, vriende, kinders tydens saamgestelde gesinne en jou werk of ander sosiale verpligtinge of verantwoordelikhede.