Kinder & Tiener Assesering

Kinders word gewoonlik vir (maar nie beperk tot) dievolgende redes na ons verwys.

• Gedrags of emosionele veranderinge of uitbarstings
• Sukkel op skool of om te konsentreer
• Spesifieke traumatiese insidente

Voordat enige intervensie toegepas word, volg ons eers ‘n SEE (Sosio-Emosionele-Evaluering) met die kind. Die doel van die sosio-emosionele evaluering van die kind is om verskillende sisteme in die kind se leef wêreld te evalueer sowel as die kind se sosio-emosionele funksionering en emosionele ervaring van hierdie sisteme. Verder is die doel van die evaluering om verskillende faktore te identifiseer en te verstaan wat bydra tot die huidige ervarings van die kind, ten einde die nodige aanbevelings in die beste belang van die kind te maak (Webb, 2011: 61).

Die evaluerings proses word vanaf 'n sistematiese invalshoek gedoen wat fokus op die effek op die kind en hoe die sisteem waaraan die kind behoort hom / haar beïnvloed, net soos wat die sisteem geaffekteer word deur die individue wat daaraan behoort. Ons kry ‘n holistiese oorsig van jou kind op alle areas in sy leef wereld tydens die evaluerings proses. Areas wat tydens die evaluering geëvalueer word sluit dievolgende in:

• Skool en portuurgroep verhoudings;
• Verhouding in die gesinsverband met ouers, broers en susters,
• Kind se ervaring van sy/haar ouers se huweliksverhouding;
• Ander belangrike mense;
• Verhoudings waarin die kind ongemak mag ondervind;
• Binding;
• Waarneming van perseptuele en motoriese funksionering;
• Keuring vir moontlike blootstelling aan trauma, insluitend fisiese en / of seksuele mishandeling;
• Persoonlikheidsfunksionering en temperament.

Assesering behels dievolgende twee belangrike aspekte.

• Ons doen geskiedenis-vrye asseserings
• Dit impliseer dat die berader geen inligting met betrekking tot die rede vir verwysing of geskiedenis van u kind en / of familie het nie.
• Ons verkies om die geskiedenisvrye sosio-emosionele evaluering te doen aangesien dit objektiwiteit en neutraliteit van die evaluering proses verseker.
• Ons maak van ‘n multi-asseserings gestruktureerde onderhouds model gebruik wat dievolgende ten doel het:
- Om ‘n verhouding met die kind te bou
- Dit bepaal die kind se huidige ervaring met betekenisvolle mense en sisteme in sy leefwereld
- Leer ken die kind se perspektief oor sy verhoudings
- Observeer die kind se gedrag, invloede en interaksie style 

• Die tegnieke sluit dievolgende in:
- Gestruktureerde onderhoud
- Projektiewe media
- Projektiewe ondervraging en storiestam voltooiing
- Spel as projektiewe tegniek