Ouer Begeleiding

Ouers het die belangrikste werk in die wereld. Alles wat ouers doen het ‘n invloed op die kinders se vorming. Wanneer ‘n ouer hulle doel in ouerskap wil bereik, is dit nodig dat die ouer die kind tot volwassenheid begelei. Dit kan slegs gedoen word wanneer daar ‘n stewige verhouding tussen die ouer en die kind ontwikkel. Hierdie verhouding word deur kennis, begrip en opgregte liefde vir jou kind opgedoen.

Hierdie kennis en begrip vir die kind vind plaas tydens ‘n konstante verandering in die kind se totale menswees. Ons as ouers moet ‘n opregte poging aanwend om die kind te verstaan op die kind se ontwikkelingsvlak waar die kind homself op daardie stadium bevind. Ons moet op daardie vlak met die kind kan kommunikeer en ‘n spesifieke bewustheid vir die kind ontwikkel vir dit waardeur die kind op daardie stadium gaan.

Wanneer die ouer begrip en n bewustheid van sy kind het, stel dit die ouer in staat om ‘n positiewe verhouding met die kind te vorm en dit word ook deur die kind se gedrag openbaar. Ons noem dit ‘n proaktiewe ouerskap benadering.

Die verskil tussen ‘n proaktiewe en ‘n reaktiewe benadering is dat die ouer tydens ‘n reaktiewe benadering fokus op dit wat die kind reeds gedoen het, waarop die proaktiewe benadering, antisipeer die ouer die gedrag en soek manière om an die behoeftes van die kind te voorsien.

Ouerskap begeleiding sessies word aan ouers gebied wat eerstens die behoefte het om ‘n posititewe, gestruktureerde en sinvolle verhouding met hulle kinders te bou, sowel as ouers wat sukkel met hulle kinders se uit reagerende gedrag. Verder word ouer begeleiding ook aanbeveel waar die gesin deur trauma gegaan het om seker te maak dat die gesins fondasie nie skade gelei het nie en dien ooreenkomstig ook weer herstel meebring op emosionele en fisiese flak binne-in die gesins dinamika .

Die ouer begeleidings program bestaan uit 13 sessies waarop daar op die belangrikste gesins relasie aspekte gefokus word:

• Die ouer se droom vir hul kinders en vir hulself as ouers
• Die gesin se herkoms en onverwerkte trauma
• Die huwelik as prioriteit en die gevaar van kindgesentreerde ouerskap
• Wat is die ouer se rol tov wie wat doen en die verskillende ouerskap style
• Die kind se ontwikkelende gewete en morele ontwikkeling
• Die kind se ontwikkelings stadiums (Kognitief, emosioneel, algemeen)
• Die kind se persoonlikheidsontwikkeling, temperament en identiteit
• Liefdes tale en spel met jou kind
• Beginsels van kommunikasie en konflikhantering
• Dissipline en gehoorsaamheid
• Dissipline met regstelling, straf, berou, vergifnis en herstel
• Karakter ontwikkeling
• Die pad vorentoe en die gesin se eie unieke tradisies