Hulpsentrum vir Tuis Onderig (Homeschool)

Revelation Kidz – Dienste – Hulpsentrum vir Tuis onderrig (Homeschool)

• Het u al ooit oorweeg om u kind na ‘n privaat skool te stuur en kan dit nie regtig bekostig nie?
• Wou u, u kind self tuis onderrig (home school) gee, maar werk voldag?

Redes hoekom ouers hierdie opsies oorweeg is gewoonlik as gevolg van:
• Laer standaarde by skole
• Laerskool leerlinge wat deurgesit word omdat onderwysers nie verder met die “probleem” wil sit nie-, of omdat daar nie plek in die klas is om u kind terug te hou nie, terwyl u as ouer weet u kind is nog nie gereed vir die hoër graad nie.
• Getal kinders in die klaskamer wat te veel is wat gevolg het dat die leerling wat sukkel nie genoeg aandag kry nie.
• Onderwysers kan nie met “my” kind werk nie omdat hy “te” aktief is en die klas ontwrig?
• My kind het spesifieke aandag of hulp nodig wat die skool nie kan bied nie?
• Die hedendaagse euwel – Fisiese-; Emosionele- en Sosiale boelies

Uiteindelik is daar ‘n oplossing! Revelation Kidz is ‘n hulp sentrum vir tuis onderrig leerlinge en vir ouers wat privaat skoling vir u kind oorweeg. Die grootste “nadeel” wat ouers verwag van tuis onderrig is die feit dat u kind dalk anti – sosiaal gaan wees en vervreemd gaan word van die samelewing. Maar met ‘n hulpsentrum / tutor sentrum word u kind daagliks aan ‘n paar individue blootgestel en ontwikkel in die proses sosiale vaardighede wat meer ontwikkeld is as van ‘n hoofstroom skool

Die hulp sentrum bied ‘n oplossing vir al die vrae:
• Dit is ‘n hulp sentrum – Die leerlinge kom daagliks hier bymekaar en is interaksie met ander kinders dus op ‘n daaglikse basis moontlik.
• Daar is slegs plek vir 15 leerlinge per graad – Dit maak individuele aandag moontlik.
• Elke kind leer teen sy eie spoed – Die flink kind kan verder aangaan as hy/sy so voel, en die kind wat bietjie meer sukkel kry aldus ook meer aandag.
• Elke kind leer volgens sy “brein profiel”. (Sit stil, of sê lesse hardop of beweeg tydens studie).
      o Ons identifiseer u kind se leer voorkeure en bied begeleiding oor hoe om dit te versterk
• Ons pryse is mededingend – Dis meer bekostigbaar as ‘n privaat skool en het die voordeel van tuis onderrig.

Die hulp sentrum werk as volg:
• U Registreer so gou moontlik by Revelation Kidz om plek te verseker.
• U koop die studiemateriaal/silabus teen ‘n spesiale tarrief by Impak onderwys aan (omdat u by ‘n hulp sentrum aangesluit het kry u korting).
• U kind kom Maandae - Donderdae van 08:00 – 13:00 en Vrydae van 08:00 – 12:00 na die hulp sentrum om deur hul silabus te werk terwyl die personeel assisteer in enige vrae en toesig hou.
• Toetsreekse word gehou en werk word ingehandig vir nasiening.
• U kind doen die take ook by die hulp sentrum (ouers moet asseblief materiaal verskaf waar nodig).
• Meeste van die werk word bedags by die sentrum voltooi alhoewel dit die ouer se verantwoordelikheid ook is om toe te sien dat u kind sy volle samewerking gee en die wil het om hard te werk en te presteer.
• Impak onderwys bied uitstappies en kampe aan vir al hul leerlinge.

Ons is ook van tyd tot tyd betrokke by gemeenskap werk, waar ons die kinders leer hekel, brei, lappieskomberse maak en uitreike binne ons gemeenskap doen.

Alhoewel ons ‘n streng program volg en seker maak dat die werk hersien word voor toetse en eksamens, gee ons die leerling ook die ruimte om ‘n breuk te neem wanneer hulle dit nodig het. As dit beteken ons moet een periode met hulle breuk ruil dan doen ons dit.

Ons maak ook van beradings tegnieke gebruik om die leerling se emosies op ‘n daaglikse basis te evalueer. Die kind kies onder andere ‘n kleur wanneer hy/sy by die sentrum aankom en ons weet hoe om hom te benader gedurende die dag en die klasgee proses.

Daar word ‘n basale brein proefiel gedoen van elke leerling wat by ons inskryf. Dit help ons om te weet watter sintuie word geblok tydens stresvolle oomblikke, en ook wat die beste studie metode vir u kind is.

Ekstra programme soos COMPU IQ se wiskunde en lees programme word ook van tyd tot tyd ingebring om u kind se lees en wiskundige vaardighede te versterk.

Met die LEGO® program versterk ons verder u kind se taal en kommunikasie vaardighede, wiskunde en probleem oplossings vaardighede, motoriese en ontwikkelings vaardighede.