Oorwinnaars van Kinderjare Misbruik

Hierdie ondersteunings groep is spesifiek vir vrouens wat in hul kinderjare deur seksuele misbruik en mishandeling gegaan het.

Ons maak van kuns terapie gebruik om deur sekere gebeurtenisse te werk en sodoende ook emosionele genesing te ervaar.

Hierdie ondersteunings groep word beperk tussen 4 – 12 dames per groep wat een keer per week bymekaar kom.

Die voordele van groepwerk vir dames wat deur kinderjare misbruik gegaan het .

Volgens Courtois (1988) & Sprein en Unger (1986) word die voordele vir groepwerk onder dames wat deur kinderjare misbruik gegaan het soos volg uiteengesit

• Jy kan jouself identifiseer met ander lede en ‘n terapeutiese aliansie met hulle vorm
• Erkenning van gemeenskaplikhede onder die groepslede
• Die erkenning van die misbruik onder mekaar en die daaropvolgende verbreking van ongesonde geheime
• Voorsiening van ‘n ondersteunings netwerk en die bou van ‘n “nuwe familie”
• Verkenning van jou emosies en oortuigings
• Voorsiening van ‘n veilige konteks en katalisator vir uitdagende oortuigings en kinderjare boodskappe
• ‘n Veilige plek om die rou te hanteer

McBride en Emerson (1989) gee verdere voordele van groepwerk waaronder dievolgende van belang is: 

• Groeplede kry die geleentheid om selfaanvaarding en selfbeheersing te ontek waarin spasie gebied word om hulself en ander te vertrou • Om waagmoed in verhoudings te ontwikkel
• Om oor die algemeen ‘n meer vervulde lewe te lei
• Groepwerk ruim ook valse idees en wanpersepsie uit die weg van dat die individu wat deur die misbruik gegaan het “anders” is en daar fout met die self is
• Groepwerk bied ‘n konteks waar sekere hindernisse tot die groter genesings proses afgebreek kan word

Gilligan en Kennedy (1989) beklemtoon ook dievolgende komponente wat tot voordeel is vir groepwerk:

• Groepe laat individue toe om intense ervaringe in ‘n groter genesende gemeenskap te verken
• Groepwerk bied die potensiaal om psigologiese abnormale gedagtes rondom die misbruik te normaliseer wanneer die individu agterkom dat dieselfde ervaringe ook deur ander lede gedeel word.
• Groepe kan ‘n rol speel in die bevordering van ‘n gevoel van samewerking in die veranderingsprosesse
• Deelnemers word as “portuurterapeute” beskou wat met mekaar werk om ‘n balans te vind tussen die herwinning van innerlike omgewings (bv. Die vermoë om volslae vertroosting en sekuriteit te ervaar) en die verbetering van sosiale vaardighede (bv. Hoe om intimiteit met ander te onderhandel)

Hierdie ondersteunings groep bestaan uit 13 sessies wat eenmaal per week bygewoon word. Omdat ons by Revelation kidz glo in voorspelbaarheid glo, is dit belangrik om vir die persoon wat belangstel om deel te word van hierdie sessies ook ‘n opbreek en uiteensetting van die sessies te gee. Hierdie 13 sessies word soos volg uiteengesit

• Sessie 1: Die begin van die reistog
• Sessie 2: ‘n Topografie vir veiligheid en krag
• Sessie 3: Grensstelling – Die lyne tussen self en ander
• Sessie 4: Bou krag – Kweek vindingrykheid
• Sessie 5 - 8: Gee ‘n stem aan ‘n persoonlike verhaal (verhaal vertelling)
• Sessie 9: Woede en beheer – Bondgenote / Ondersteuning sisteem
• Sessie 10: Konsolideer die gevoel oor jouself
• Sessie 11: Verhoudings en vertroue
• Sessie 12: Innerlike en Geestelike groei
• Sessie 13: Kweek ‘n nuwe toekoms en fier ‘n nuwe lewe

Elke lid van hierdie groep se belange, veiligheid en gevoel van gebondenheid is van belang. Daarom is daar ‘n keurings proses wat elke individu moet deurmaak alvorens ‘n groep saamgestel word om te verseker dat die lidmate ook as groep mekaar kan vertrou en saam die genesings pad kan stap.