Busy Bugs Bricks Club

Busy Bugs Bricks Club In kort is die Busy Bugs Bricks Club is ‘n klub wat u kind op ‘n sosiale, emosionele en ontwikkelings vlak vaardig maak. Sommige kinders voel intellektueel sterk om op skool te presteer, maar voel emosioneel nie sterk genoeg vir hierdie groot wereld waarin hy of sy hulleself bevind nie.

In ander gevalle bring sekere traumatiese insidente verhoogde opwekkings gevoelens wat veroorsaak dat die kind nie weet hoe om hierdie emosies te kanaliseer nie. Dit is dan wanneer gedrags uitbarstings of ontoelaatbare gedrag ter voorskyn kom.

Traumatiese gebeurtenisse kan enige iets wees soos onder andere, maar nie beperk tot hierdie voorbeelde nie:

• Egskeiding
• Verhuising – nuwe huis / nuwe skool
• Konflik in die ouer huis
• Boelie
• Afsterwe van ‘n geliefde . 

Enige emosionele skade het ‘n direkte impak op die kind se intellektuele ontwikkeling aangesien die brein eers die trauma probeer verwerk voordat nuwe vaardighede aangeleer kan word. Dit is waar Busy Bugs Bricks Club inkom. Om op ‘n spelerige manier op ‘n sosiale vlak die emosionele vaardighede aan te help tesame met die kind se fisiese ontwikkeling.

Wanneer die kind op ‘n sosiale vlak byvoorbeeld leer hoe om probleme op te los met die speel van die blokkies en ook hoe om in groep verband plannetjies te maak, gee dit die kind die nodige vaardighede om ook skolastiese probleme op te los en vaardighede sosiaal en tuis aan te leer om sekere negatiewe gedrag te inhibeer.

Moenie uitmis op hierdie nuwe “trend” van emosionele, sosiale en ontwikkelings vaardighede nie. Die blokkies klub is spesiaal ontwerp vir kinders met aandag afleibaarheids probleme, sowel as vir die kinders wat sukkel met ‘n goeie selfbeeld en die wat ‘n hupstootjie in die regte rigting nodig het vir sosiale aanvaarbare gedrag. Dit wil sê, kinders wat ‘n bietjie ongeduldig, kwaad en baie besig is. Ons noem dit nie verniet die “Busy bugs bricks club” nie.

Ons doen kinesiologie aan die begin van elke sessie en integreer dit met die blokkies spel. Aan die einde van die program poog ons ook om af te sluit met ‘n ontspannings of ‘n asemhaleings aktiwiteit.

Blokkies spel ontwikkel die kind se hoër brein funksionering. Dit help die kind met:

• Selfbeheersing

  • vooruit beplanning,  
  • die vermoë om nuwe idees te ontwikkel
  • Om ongewenste gedrag te inhibeer
  • Om inligting in die werkende geheue te stoor  
• Emosionele vaardighede ontwikkeling

  • Blokkies bied sekuriteit aangesien dit voorspelbaar en betroubaar is
  • Selfvertroue ontwikkel aangesien die kind beheer het oor sy eie leervaardighede

 • Sosiale vaardighede ontwikkeling

  • Groepwerk word bevorder – maats word gemaak en idees word uitgeruil
  • Beurte word gemaak, samewerking vind plaas, onderhandelinge word gevoer, kennis word ontwikkel en deursettings vermoë ontwikkel in hierdie proses
  • Die kind leer om ander se perspektief in te sien en om empatie vir mekaar te ontwikkel

• Fisiese / motoriese vaardigheidsontwikkeling

  • Versterk groot spiere, ontwikkel heel-liggaam koördinasie en middellyn oorkruising
  • Fyn motor ontwikkeling en hand oog koördinasie deur hande en vingers te gebruik
  • Bilaterale integrasie vind plaas wanneer die kind twee blokkies in mekaar indruk
  • Groot motoriese ontwikkeling en ruimtelike bewustheid

Hierdie is maar net ‘n paar vaardighede wat die kind by die blokkies klub ontwikkel. 

Laat jou kind weekliks aanmeld by hierdie sosiale groepie en versterk jou kind se sosiale en ontwikkelings vlakke. Bespreek nou jou kind se spasie vir 1 of 2 keer per week vir ‘n 45 – 60 minute sessies op ‘n slag. 

Besoek gerus die Busy Bugs Bricks Club webblad vir meer informasie (Kliek Hier)

Hierdie dienste was aanvanklik as een tot een terapeutiese dienste aan kinders gelewer wat nou as ‘n groep en ‘n sosiale klub hanteer word vir veral die kinders wat ‘n bietjie met sosialisering sukkel of spesifieke behoeftes het rondom sekere vaardighede. Busy Bugs Bricks Club is egter nie net vir spesiale behoeftes soos kinders wat sukkel met ADHD, woede, konsentrasie en kommunikasie vaardighede of probleem oplossings vaardighede ensomeer nie, maar ook vir kinders wat meer stimulasie wil he, en hulle ander ontwikkelings vaardighede op ‘n spelerige manier te ontwikkel.

Ons maak van verskeie tegnieke gebruik waaronder opvoedkundige kinesiologie (ritmiese oorkruis bewegings oefeninge op musiek) met die begin van elke sessie plaasvind.

Die program is volgens die CAPS stelsel van Suid Afrika se opvoedkundige program saamgestel maar fokus nie net op opvoedkundige ontwikkeling soos taal en wiskunde vaardighede nie, maar ook op emosionele ontwikkelings vaardighede.

Daar word blokkies gebou en sekere gestruktureerde en ongestruktureerde opdragte aan kinders gegee om toe te pas. Spanwerk vorm deel van die program waar die kinders saam sekere projekte moet voltooi in die sessie soos byvoorbeeld om ‘n modelletjie te bou op grond van ‘n storie wat aan hulle vertel is, of om hulle eie storie saam te stel.

• Die ouderdoms groepe is vanaf Graad RR tot en met Graad 7
• Die sessies duur tussen 45 – 60 minute per week
• Die klub dae is tans:

  • Woensdae in Moreletta Park
  • Donderdae in Montana Park

• Hulle word per ouderdoms groep geboek:

  • Graad RR – 1 13:00 – 14:00
  • Graad 2 – 3 14:00 – 15:00
  • Graad 4 – 5 15:00 – 16:00
  • Graad 6 – 7 16:00 – 17:00