Braingym

Revelation Kidz

Braingym

Brain Gym is ‘n reeks vinnige, genotvolle en energiewekkende oefeninge wat in Opvoedkundige Kinesiologie gebruik word om leer vanuit ‘n heelbrein perspektief te bevorder en om die leerervaring vir enige individu ‘n genotvolle ervaring te maak. Brain Gym help die leerder om te ontspan en te fokus en ontslae te raak van emosionele blokkasies wat keer dat hulle hul volle potensiaal bereik.

Brain Gym verbeter onder andere die volgende vaardighede: Selfvertroue, slefbeeld, motivering, streshandtering, konsentrasie, lees, spelling, wiskunde, geheue, kommunikasie, kreatiwiteit en sport . 

Brain Gym is ook ‘n natuurlike opsie vir die behandeling van hiperaktiwiteit en aandag afleibaarheids sindroom (ADD & ADHD)

Met behulp van Brain Gym help dit ons om u kind effektief waar te neem, doele te stel en aksiebalanse te doen. Ons maak ook van die DLR (Dennisons Laterality Repetterning) proses gebruik om balanse op 3 vlakke van Intelligensie te doen nl: Die Lateraliteits-, fokus- en sentreringsdimensie. Die balanserings proses, in samewerking met die Brain Gym bewegings, bewerkstellig die verwydering van leerblokkasies en dien as ‘n stuk gereedskap vir enige leerder om sy reaksie op enige leersituasie te kan beheer en sy/haar doele te kan bereik.

Verder kan ons op aanvraag vir u kind ‘n 3-Dimensionele brein dominansie profiel doen wat u en u kind in staat stel om homself en haarself beter te ken en verstaan hoekom hy/sy op ‘n sekere gebied uitstyg of sukkel. Dit stel ons ook in staat om te weet watter sintuie u kind gebruik om te leer en bevorder dit sodoende u kind se studies.

Die kursusse wat internasionaal erken word wat Prof Dr. Marlize Snyman reeds voltooi het om bogenoemde diens te kan lewer is:
• Neuro – Integrasie bewegings
• Brain Gym 101
• Optimale brein organisasie