Verslankings Program

Die Dr Kromhout HCG Kinesiologie verslankings program is ‘n baie streng maar doeltreffende program met finominale resultate. Om ‘n sukses te maak van die program is daar ‘n paar belangrike aspekte om in gedagte te hou en kennis te bekom oor gewig en oorgewig.

In die eerste plek is daar drie tipes vet in ‘n mens se liggaam.

• Strukturele vet

  • Vul die gapings tussen die organe
  • Dien as ‘n beskermings meganisme vir hierdie organe
  • Dit hou die vel elasties

• Normale reserwe vette

  • Dit is oor die hele liggaam versprei
  • Dit word gebruik wanneer die dermkanale nie genoeg nutrisie vir die liggaam bied om brandstof te gee vir energie nie

• Abnormale vette

  • Die vette waarmee oorgewig mense mee sukkel
  • Dit is nie beskikbaar vir die liggaam wanneer die liggaam dit benodig vir nutrisie doeleindes nie

Nou dat ons meer oor die verskillende vette weet, kom ons kyk watse impak die sogenaamde “starvation” diete op hierdie vette het en in watter volgorder hierdie vette verbrand word.

Die eerste vet wat deur ‘n “starvation”dieet verbrand word is die normale reserwe vette. Daarna fokus die dieet op die struktuele vette. Laastens word daar aan die abnormale vette gegee. Die gevolg daarvan is dat: 

• Jy sien nie die resultate op die probleem areas en die belangrike plekke eerste nie wat ‘n mens mismoedig maak
• Jy voel konstand swak en honger
• Dit veroorsaak dat die program vinniger laat vaar word
• Dit laat jou soos ‘n mislukking voel en dan wonder jy of jy ooit van die oortollige vette ontslae gaan raak. 

Tydens ‘n “starvation dieet is die resultate van jou gewigs verlies ervaring soos volg: 

• Dit neem 4 weke vir jouself om jou liggaams verandering raak te sien
• Dit neem ongeveer 8 weke vir jou familie en vriende om die verskil te sien
• Dit duur ongeveer 12 weke vir die res va die wereld om die verskil te sien. 

Dit maak die gewigs verlies pad wat jy stap ‘n moeilike en swaarmoedige pad Wanneer Kinesiologie en Dr Kromhout seHCG verslankings program saamgevoeg word , is die resultate finominaal. Kom ons kyk wat beide die HCG en Knisiologie behels 

HCG:

• Is ‘n hormoon wat by swanger vrouens teenwoordig is .
• Indien mans wonder: Insulien is ook ‘n hormoon – Dr Kromhout se HCG produkte is geskik vir beide geslagte .
• Hierdie HCG verslankings produk gee vir jou kaloriee – die regte hoeveelheid wat jy nodig het vir energie om deur die dag te kom, maar ook genoeg dat die oortollige kaloriee wat reeds in vette omgeskakel het verbrand kan word .
• Hierdie program verbrand eerste die negatiewe vette .
• Jy kan op ‘n daaglikse basis 250g-1kg gewig verloor op hierdie program .
• Die program bestaan uit 580 kaloriee se fisiese kos en 2200 Kaloriee se HCG .
• Hierdie program her-kondisioneer jou metabolisme sodat jou organe weer vanself funksioneer en toekomstige vette spontaan afskud .
• Jou liggaam sal slegs die hoeveelheid vet en gewig verloor wat hy kan, dus sal jy nie meer verloor as dit wat veilig is vir jou nie .

KINESIOLOGIE: 

• Met kinesiologie kyk ons na simptome wat gewigsverlies belemmer soos.
• Skildklier.
• Insulin.
• Hoë Kortisol vlakke.
• Kandida & Klein parasiete.
• Groot parasiete of wurms.
• Beperkte denke wat jou terughou om die gewig te verloor wat jy kan verloor.
• Of jy moontlik van die program afwyk en dit dalk die gewigs verlies proses belemmer.

Daar is 2 tipes HCG produkte op die mark:

Dr. Simeons / Farmaseutiese HCG:

• Farmaseutiese HCG maak van daaglikse inspuitings gebruik
• Dit sneller abnormale vette en kanaliseer 1500 kaloriee per dag in die bloed stroom
• Benodig ‘n 2 dae hoë vet en koolhidrate inname om die proses te aktiveer
• HCG is eers op die derde dag effektief
• Jy moet ‘n minimum van 21 dae op die program wees om effektiewe gewigs verlies te ervaar en om jou metabolisme te her-kondisioneer
• Tydens die “Oorgangs” fase moet jy die laaste 3 dae voordat jy met die instandhoudings fase begin slegs 500 kaloriee per dag inneem voordat jy die instandhoudings fase kan begin wat jou ook honger en swak kan laat voel.

Dr. Kromhout se Kinesiologie HCG:

• Gebruik die druppels 3x per dag saam met ‘n LCD (lae kaloriee dieet) program. Dus hoef jy nie jouself elke dag in te spuit of daagliks by ‘n kliniek aan te klop om gespuit te word nie .
• Sneller abnormale vette van die eerste dag af en kanaliseer 2200 kaloriee per dag in die bloedstoom vir energie (Dus word jy ook nie so vinnig so honger nie) .
• Aangesien die HCG druppels van die eerste dag af 2200 kaloriee bied, is dit nie nodig vir 2 dae hoë vet en koolhidrate inname nie
• Dit is egter nodig om ‘n minimum van 10 dae op hierdie program te bly om effektiewe en eerder blywende gewigs verlies te ervaar en om jou metabolisme te her-kondisioneer .
• Daar is geen oorgangs fase nodig voordat jy met die instandhoudings fase hoef te begin nie .
• Jy beweeg ook direk van die LCD fase na die instandhoudings fase toe .

Voor- en nadele van HCG:

Voordele:

• Gewigs verlies is vining en effektief
• Tot 10kg gewigs verlies in 30 dae
• Tot 15kg gewigs verlies in 40 dae
• Tot 20kg gewigs verlies in 55 dae
• Herstel skildklier
• Verlaging van ongesonde Cholesterol
• Selluliet voorkoms verlaag dramaties
• Verminderde “cravings” 
• Bevorder behoefte aan gesonde kos
• Verhoog energievlakke
• Verlaag bloeddruk – en medikasie
• Bevorder algehele gesondheid
• Beter dieper slaap • Algemene gevoel van welstand

Nadele:

• Hoofpyn in die eerste paar dae agv detoks simptome
• Gebruik in hierdie geval slegs Panado, Disprin of Myprodol – NIKS ANDERS NIE!
• Moegheid kan in die eerste paar dae ervaar word weens die gifstowwe wat uit die liggaam gaan – Die Balance & support produk helpom vir jou meer krag te gee om deur die eerste paar dae te kom
• Onreëlmatige menstruele siklusse is al gevind
• Hardlywigheid kom by sommige mense voor op ‘n tydelike vlak weens die lae koolhidrate inname – Die Colon cleanse help hiermee
• Gout in een geval van ‘n individu wat tydens die HCG inspuitings reeks 40 kg verloor het
• Water retensie
• Krampe agv potassium / sodium tekort
• Byniere se pyn kan navore kom agv ‘n aanvanklike kondisie waarvan die individu nie aanvanklik bewus was nie
• Vel uitslag

Resultate van ‘n gevallestudie:

8.9kg gewigs verlies in ‘n 30 dae periode met ‘n 66.9cm verlies oor die liggaam. Hier volg ‘n brief / getuigskrif van die klient na haar gewigs verlies. 

Ek was vir ‘n paar jaar van my lewe chronies moeg en sommer net siek en sat. Ek het in die oggend opgestaan, werk toe gegaan en dan weer huistoe. As ek by die huis kom het ek op die bed gaan lê, geen energie. Ek was depressief en het eintlik gevoel dat ek geen rede het om op te staan nie. My liggaam het vir my gesê my tyd is verby maar my hart en my brein het gesê ek moet opstaan en aangaan want daar is mense wat afhanklik is van my en op my staatmaak.

Ek het chroniese pyn in my lewer gehad, omdat ek chronies moeg was, het ek my toevlug geneem tot erergie drankies, dit het die pyn net vererger, maar darem was ek vir ‘n rukkie lank wakker. Darem het die pyn gekom wanneer ek weer moeg was en net wou slaap.

Sonder dat ek besef het, het dit ‘n groot invloed gehad op die verhouding tussen my en my dogter. Aangesien ek altyd moeg was en net wou slaap, het sy mettertyd aandag by ander begin soek. Soveel so dat daar later geen meer interaksie tussen ons was nie. Ons het in dieslfde huis gebly maar nie met mekaar gepraat nie.

Darem het ek die probleem kon aanspreek en vandat ek gesonder voel, weer my plek inneem as haar ma.

In Februarie 2015 het my sus my vertel van Dr Marlize se “masjien” wat uitwys wat fout is in mens se liggaam. Ek het haar gaan sien en daar was ‘n paar foute uitgewys, onder andere ook oorgewig. Sy het vir my van natuurlike middels ‘n voorskrif gemeng en ek het drie keer op ‘n dag die druppels begin gebruik. Ook maar mens is en bly jy maar skepties, maar wonder bo wonder het ek elke dag net beter en beter begin voel. Die pyn op my lewer het minder geword en later sommer verdwyn. Ek was meer positief en bewus van wat in my liggaam aangaan.

In April het ek die besluit geneem om deel te wees van die Kinesio program. Ek is al vir meer as 20 jaar oorgewig. Alhoewel ek goed oor myself gevoel het, het ek geweet dat ek net iets moet doen. Maar wat? Alles wat ek voorheen probeer het, het nie gewerk nie.

Na die eerste week op die program het ek meer as 4kg verloor, dit was amper te goed om waar te wees, maar vir die eerste keer in 20 jaar was my gewig konstant minder as 100kg. En beste van alles was dat dit elke dag verminder het. Die program was straf en dit het regtig baie self dissipline gevat om deur te druk. Baie dae wou ek moed opgee een sommer net eet en eet, maar dan was die aanmoediging daar om aan te gaan en deur te druk.

Na 30 dae het ek 9.8 kg afgeskud en 66cm overall verloor. Saam met die Kinesio het ek steeds die druppels gebruik en ek het so goed gevoel. Na twee weke op die instandhoudingsprogram bly my gewig steeds konstant. Met een week van instandhouding oor, kan ek net sê dankie vir Dr Marlize vir die aanmoediging en ondersteuning.

My lewe het regtig verander, ek sal nooit weer dieselfde wees nie. Alhoewel beide programme “commitment” van my gevra het, sou ek dit nie sonder ondersteuning kon doen nie.

Hier volg foto’s van hoe die liggaam die vette deur die HCG program verbrand.



‘n Skematiese opsomming van hoe die program werk.